Ons gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD uit te neem gratis en verniet. Daar is ook Cd’s met preke, praatjies of musiek waarna jy kan luister. Vir swaksiendes is daar ook “Die Bybel” op CD. Terwyl jy na die regte item soek kan jy ook ‘n koppie Boeretroos geniet. Kom maak gerus Sondae ‘n draai. Die Mediateek is geleë aan die linkerkant, by die ingang van die Kerkgebou. Ons vriendelike “Bibliotekaresse” Heila Haasbroek sal jou daar ontvang.
Similar Posts
Hoërskool Jeug
Posted onDoel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien…
Herwinningsprojek
Posted onWaarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin? Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing […]
Die Gryse Jeug
Posted onWie behoort aan die Gryse Jeug Jy kwalifiseer om aan die Gryse Jeug te behoort as jy aftree ouderdom bereik het. Maar almal wat hulle tuis voel by die ouer garde is meer as welkom. Die Gryse Jeug kom elke eerste Dinsdag van elke maand bymekaar.[…]
Peuterkerk
Posted onOns voorskoolse kinders word Sondae oggend tydens die erediens besig gehou met hulle eie byeenkoms in klaskamer 4 in die saal. […]
Voorbiddingspan
Posted onGebed staan sentraal in ons Gemeente se lewe. Ons streef om elke bediening in gebed te “marineer”. Ons bid die Here se seën en leiding op alles af. […]
NHSV
Posted onDie dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by […]
