Ons gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD uit te neem gratis en verniet. Daar is ook Cd’s met preke, praatjies of musiek waarna jy kan luister. Vir swaksiendes is daar ook “Die Bybel” op CD. Terwyl jy na die regte item soek kan jy ook ‘n koppie Boeretroos geniet. Kom maak gerus Sondae ‘n draai. Die Mediateek is geleë aan die linkerkant, by die ingang van die Kerkgebou. Ons vriendelike “Bibliotekaresse” Heila Haasbroek sal jou daar ontvang.
Similar Posts
Gemeentekamp
Posted onOns hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.
Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.
Kinderkerk
Posted onOns bied Sondae oggende terwyl die erediens in die Kerkgebou aan die gang is, ook ‘n Kinderdiens vir kinders tussen die ouderdom van…
Herwinningsprojek
Posted onWaarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin? Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing […]
Hoërskool Jeug
Posted onDoel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien…
Peuterkerk
Posted onOns voorskoolse kinders word Sondae oggend tydens die erediens besig gehou met hulle eie byeenkoms in klaskamer 4 in die saal. […]
NHSV
Posted onDie dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by […]
