Ons bied Sondae oggende terwyl die erediens in die Kerkgebou aan die gang is, ook ‘n Kinderdiens vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 11 (Graad 1-Graad 5). Ons poog om op ‘n verstaanbare manier, op die kinders se vlak die Evangelie oor te dra. Verskillende reekse word hanteer aan die hand van verskillende temas. Die kinders sing heerlik saam tot eer van die Here, luister na ‘n boodskap, is dikwels ook skeppend besig met ‘n aktiwiteit en word bederf met ‘n eetdingetjie.
Ons is altyd opgewonde oor nuwe aanbieders wat hulle beskikbaar stel om te help met die aanbiedings.
Kontakpersoon vir Kinderkerk: Ds Janine Bevolo-Manders