Hoekom Offergawe?

WITFONTEIN verkondig nie geld nie – ons verkondig die EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS.

Daarom vier ons die EVANGELIE van Jesus juis deur elkeen ons BESTE te OFFER en by te dra tot ons geloofsgemeenskap waarvan ons deel is.  Ons ervaar die Here se GOEDHEID & GUNS in al die seën wat ons beleef & ervaar.

In Witfontein deel ons die HOOP wat in ons leef omdat Jesus ons lewens kom verander het vir altyd! Waar daar HOOP is, word daar ook OFFERS gebring uit dankbaarheid. Nie net deel ons hier ons GEESTELIKE GAWES en TALENTE met mekaar wat die Here vir ons uitgedeel het nie, MAAR ook ons FINANSIëLE BYDRA.

So ons dra by om die UNIEKE GELOOFSGEMEENSKAP wat ons het en is, te vier. Hierdie geloofsgemeenskap bekend as WITFONTEIN kom al haar verantwoordelikhede na – deur uit te reik en selfs buite ons gemeente die werk van die kerk voort te sit.

So kan jy bydrae:

KOEVERT

By die Agapé-diensstasie by die voordeur van die kerk is daar koeverte beskikbaar waarin jy jou kontant kan sit. Jy kan selfs duidelik merk op die koevert waarvoor jou bydra spesifiek is. Handig dit in by die diaken in die geldsakkie OF bring dit na die kantoor waar Lettie of Paula dit in onvangs sal neem.

EFT ELEKTRONIESE BETALING

Betaal jou offer elektronies in by die volgende bankbesonderhede:
NHK Witfontein, Absa Pretoria-Noord, 060 581 096
Verwysing: Offer/Jou naam/wyknommer.

PAYPAL – INTERNASIONALE KREDIET/DEBIET KAART BETALINGS

Wil u graag per kredietkaart/debietkaart via PAYPAL? Kies die geldeenheid van u keuse:

 Betaal in US$ Betaal in KANADESE (CAD)




PAYFAST – KREDIET/DEBIET KAART BETALINGS

Wil u graag per kredietkaart/debietkaart/”Masterpass” of “InstantEFT” betaal? Gebruik een van die opsies via ons Payfast betalings opsies

Doneer R200 Doneer R500 Doneer R1000
Pay Pay Pay
Doneer R1500 Doneer R2000 Doneer R2500
Pay Pay Pay
Doneer R3000 Doneer R4000 Doneer R5000
Pay Pay Pay

SNAPSCAN


Deur  die QR-kode te SNAPSCAN kan jy ook jou bydra maak.

Sodra kontak gemaak is met Witfontein se bankbesonderhede, sal ons LOGO verskyn.

Vul die bedrag in en vul ook die blokkie in waar tans nog stalletjienommer vertoon word, die verwysing.

Bv. offer/jou naam/wyknommer.

KAARTFASILITEITE

Kom betaal jou offer per kaart (debiet of krediet) in die kantoor.