Die dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by die gemeente aangebied word. Met Hemelvaart is dit tradisie dat daar laatmiddag al begin word om pannekoek te bak wat na die diens geniet word. Ons reël ook jaarliks ‘n 70+ funksie waar die seniors in die gemeente bederf word. Met geleenthede soos Moedersdag en Vadersdag word ‘n klein bederfie vir elkeen gemaak en by die deur uitgedeel. As groepie deel ons ‘n besondere band en werk heerlik saam.
