Stap op Goeie Vrydag in by ons kerkgebou, die ingangsportaal is koud en hard en dan die Nagmaaltafels daarbinne huh!!! Swart tafeldoeke, swart oorgooi lappies, swart doekbehangsel om die kruis en die impak? Soos een lidmaat dit uitgedruk het “Eerie”(Engels) Is dit vreemd? Nee inteendeel, lees Lukas 22:44 “Dit was al omtrent twaalfuur toe kom daar duisternis oor die hele land…..”
So het kleur ‘n impak op ons ingesteldheid, ons stemming. Is dit dan reg om kleur in die kerkgebou aan te bring? Word die aandag dan nie van die prediking weggelei nie? Waarom algemene kerklike kleure? Dit versterk die ekumeniese band met ons mede-gelowiges.
Verder bou die korrekte kerklike kleure aan die gemoedstemming van die kerkgangers. Daarom ruil ons die kleure in die kerk na gelang van die Kerklike jaar.