Waarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin? Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing en hoe ons kan herwin. Wanneer ons eers in die gewoonte raak om te herwin, is dit skrikwekkend om te besef hoe baie dinge ons gebruik wat herwinbaar is. Baie keer wonder ons, wat maak ek met die goed wat ek wil herwin? Nou het ons plek by die kerk waarheen ons ons herwinningsmateriaal kan bring. Hier word dit opgetel en herwin. Sodoende help ons ook met werkskepping. Ons wil jou uitnooi om selfs net op klein skaal te begin by die huis deur verskillende houers te hê vir glas, blikkies, plastiese houers en sien hoe vinnig jou houer vol word. Waarom? Ek en jy is rentmeesters. Dis ons verantwoordelikheid om na ons wêreld om te sien en dit te bewaar.
Similar Posts
Hoërskool Jeug
Posted onDoel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien…
Gemeentekamp
Posted onOns hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.
Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.
Mediateek
Posted onOns gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD…
Voorbiddingspan
Posted onGebed staan sentraal in ons Gemeente se lewe. Ons streef om elke bediening in gebed te “marineer”. Ons bid die Here se seën en leiding op alles af. […]
Kinderkerk
Posted onOns bied Sondae oggende terwyl die erediens in die Kerkgebou aan die gang is, ook ‘n Kinderdiens vir kinders tussen die ouderdom van…
Nuwe lidmate en besoekers
Posted onOns is opgewonde om nuwe lidmate en besoekers te verwelkom en sommer onmiddellik te laat tuis voel. Ons het ‘n pragtige groep mense wat elke Sondag graag nuwe lidmate wil verwelkom […]
