Ons voorskoolse kinders word Sondae oggend tydens die erediens besig gehou met hulle eie byeenkoms in klaskamer 4 in die saal. Op die vlak wat die peuters verstaan word die boodskap van Jesus met hulle gedeel. Kinders tussen die ouderdom van 2 ½ en 6 is welkom. Treda Fritz is ons koördineerder met ‘n paar ander mammas wat help.
Similar Posts
Bybelstudie
Posted onDonderdae oggende om 9:00 is dit Bybelstudietyd by Witfontein. Deur die jare is daar ‘n stapel boeke deur gewerk. Ons as groep het mekaar nou al goed leer ken. Lief en leed word gedeel. Belewenisse waar die Here ons iets op die hart druk deel ons met mekaar.
Voorbiddingspan
Posted onGebed staan sentraal in ons Gemeente se lewe. Ons streef om elke bediening in gebed te “marineer”. Ons bid die Here se seën en leiding op alles af. […]
Gemeentekamp
Posted onOns hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.
Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.
Nuwe lidmate en besoekers
Posted onOns is opgewonde om nuwe lidmate en besoekers te verwelkom en sommer onmiddellik te laat tuis voel. Ons het ‘n pragtige groep mense wat elke Sondag graag nuwe lidmate wil verwelkom […]
Gasvryheidspan Sondae oggende
Posted onVir ons as Gemeente is Radikale gasvryheid ontsettend belangrik. Dit is vir ons belangrik dat elke persoon wat die Gemeente besoek welkom sal voel. Ons straal warmte uit en hartlikheid. Ons span verwelkom Sondae […]
Preke op die Internet
Posted onOns preke kan na geluister word op die Internet deur te gaan na: www.youtube.com en te soek na NHK Witfontein. Indien jy slegs…
