Ons gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD uit te neem gratis en verniet. Daar is ook Cd’s met preke, praatjies of musiek waarna jy kan luister. Vir swaksiendes is daar ook “Die Bybel” op CD. Terwyl jy na die regte item soek kan jy ook ‘n koppie Boeretroos geniet. Kom maak gerus Sondae ‘n draai. Die Mediateek is geleë aan die linkerkant, by die ingang van die Kerkgebou. Ons vriendelike “Bibliotekaresse” Heila Haasbroek sal jou daar ontvang.
Similar Posts
Bybelstudie
Posted onDonderdae oggende om 9:00 is dit Bybelstudietyd by Witfontein. Deur die jare is daar ‘n stapel boeke deur gewerk. Ons as groep het mekaar nou al goed leer ken. Lief en leed word gedeel. Belewenisse waar die Here ons iets op die hart druk deel ons met mekaar.
NHSV
Posted onDie dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by […]
Gasvryheidspan Sondae oggende
Posted onVir ons as Gemeente is Radikale gasvryheid ontsettend belangrik. Dit is vir ons belangrik dat elke persoon wat die Gemeente besoek welkom sal voel. Ons straal warmte uit en hartlikheid. Ons span verwelkom Sondae […]
Herwinningsprojek
Posted onWaarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin? Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing […]
Gemeentekamp
Posted onOns hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.
Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.
Hoërskool Jeug
Posted onDoel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien…
