Ons gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD uit te neem gratis en verniet. Daar is ook Cd’s met preke, praatjies of musiek waarna jy kan luister. Vir swaksiendes is daar ook “Die Bybel” op CD. Terwyl jy na die regte item soek kan jy ook ‘n koppie Boeretroos geniet. Kom maak gerus Sondae ‘n draai. Die Mediateek is geleë aan die linkerkant, by die ingang van die Kerkgebou. Ons vriendelike “Bibliotekaresse” Heila Haasbroek sal jou daar ontvang.
Similar Posts
Kerklike jaar en Kerklike kleure
Posted onStap op Goeie Vrydag in by ons kerkgebou, die ingangsportaal is koud en hard en dan die Nagmaaltafels daarbinne huh!!! Swart tafeldoeke, swart oorgooi lappies, swart doekbehangsel om die kruis en […]
Hoërskool Jeug
Posted onDoel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien…
Kinderkerk
Posted onOns bied Sondae oggende terwyl die erediens in die Kerkgebou aan die gang is, ook ‘n Kinderdiens vir kinders tussen die ouderdom van…
Die Gryse Jeug
Posted onWie behoort aan die Gryse Jeug Jy kwalifiseer om aan die Gryse Jeug te behoort as jy aftree ouderdom bereik het. Maar almal wat hulle tuis voel by die ouer garde is meer as welkom. Die Gryse Jeug kom elke eerste Dinsdag van elke maand bymekaar.[…]
Bybelstudie
Posted onDonderdae oggende om 9:00 is dit Bybelstudietyd by Witfontein. Deur die jare is daar ‘n stapel boeke deur gewerk. Ons as groep het mekaar nou al goed leer ken. Lief en leed word gedeel. Belewenisse waar die Here ons iets op die hart druk deel ons met mekaar.
Gemeentekamp
Posted onOns hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.
Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.
