Ons gemeente bedien nagenoeg 1000 siele. Ons is ‘n hartlike gemeente wat daarna streef om Jesus se opdrag aan sy dissipels uit te leef, toe Hy vir hulle gesê het: “As julle mekaar liefhet, sal mense weet dat julle my dissipels is…”

Daarom leef ons eengesind saam in een groot familie deur in liefde vir mekaar uit te kyk en vir mekaar daar te wees. Ons gemeente trek mense aan soos ‘n mot deur ‘n brandende kers in die middel van die donkerste nag aangetrek word.

Ons bedien op verskillende terreine verskillende mense met verskillende behoeftes.

Lees meer oor ons:

Bybelstudie

Donderdae oggende om 9:00 is dit Bybelstudietyd by Witfontein. Deur die jare is daar ‘n stapel boeke deur gewerk. Ons as groep het mekaar nou al goed leer ken. Lief en leed word gedeel. Belewenisse waar die Here ons iets op die hart druk deel ons met mekaar.

Gemeentekamp

Ons hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.

Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.

Kerklike jaar en Kerklike kleure

Stap op Goeie Vrydag in by ons kerkgebou, die ingangsportaal is koud en hard en dan die Nagmaaltafels daarbinne huh!!! Swart tafeldoeke, swart oorgooi lappies, swart doekbehangsel om die kruis en […]

Herwinningsprojek

Waarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin? Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing […]

Die Gryse Jeug

Wie behoort aan die Gryse Jeug Jy kwalifiseer om aan die Gryse Jeug te behoort as jy aftree ouderdom bereik het. Maar almal wat hulle tuis voel by die ouer garde is meer as welkom. Die Gryse Jeug kom elke eerste Dinsdag van elke maand bymekaar.[…]

Hoërskool Jeug

Doel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien as lewenslange dissipels van God. Jeug Mikpunt: Om ‘n omgewing te skep waar tieners tuis kan voel in die kerk; om saam met mekaar te kuier en meer van God te leer. Om mekaar by te staan en te […]

Nuwe lidmate en besoekers

Ons is opgewonde om nuwe lidmate en besoekers te verwelkom en sommer onmiddellik te laat tuis voel. Ons het ‘n pragtige groep mense wat elke Sondag graag nuwe lidmate wil verwelkom […]

NHSV

Die dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by […]

Gasvryheidspan Sondae oggende

Vir ons as Gemeente is Radikale gasvryheid ontsettend belangrik. Dit is vir ons belangrik dat elke persoon wat die Gemeente besoek welkom sal voel. Ons straal warmte uit en hartlikheid. Ons span verwelkom Sondae […]

Voorbiddingspan

Gebed staan sentraal in ons Gemeente se lewe. Ons streef om elke bediening in gebed te “marineer”. Ons bid die Here se seën en leiding op alles af. […]

Preke op die Internet

Ons preke kan na geluister word op die Internet deur te gaan na: www.youtube.com en te soek na NHK Witfontein. Indien jy slegs na die klankbaan wil luister kan jy gaan na www.soundcloud.com en soek weereens NHK Witfontein.

Kinderkerk

Ons bied Sondae oggende terwyl die erediens in die Kerkgebou aan die gang is, ook ‘n Kinderdiens vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 11 (Graad 1-Graad 5). Ons poog om op ‘n verstaanbare manier, op die kinders se vlak die Evangelie oor te dra. Verskillende reekse word hanteer aan die hand van verskillende temas. Die kinders sing heerlik saam tot […]

Peuterkerk

Ons voorskoolse kinders word Sondae oggend tydens die erediens besig gehou met hulle eie byeenkoms in klaskamer 4 in die saal. […]

Mediateek

Ons gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD uit te neem gratis en verniet. Daar is ook Cd’s met preke, praatjies of musiek waarna jy kan luister. Vir swaksiendes is daar ook “Die Bybel” op CD. Terwyl jy na die regte item soek kan jy ook ‘n […]