Our congregation serves nearly 1000 souls. We are a warm congregation that strives to live out Jesus’ command to his disciples, when he said to them: “If you love one another, people will know that you are my disciples…”
That is why we live together in one big family by looking out for each other in love and being there for each other. Our congregation attracts people like a moth is attracted to a burning candle in the middle of the darkest night.
We serve different people with different needs in different areas.
Read more about us:
Bybelstudie
Donderdae oggende om 9:00 is dit Bybelstudietyd by Witfontein. Deur die jare is daar ‘n stapel boeke deur gewerk. Ons as groep het mekaar nou al goed leer ken. Lief en leed word gedeel. Belewenisse waar die Here ons iets op die hart druk deel ons met mekaar.
Gemeentekamp
Ons hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord.
Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.
Kerklike jaar en Kerklike kleure
Stap op Goeie Vrydag in by ons kerkgebou, die ingangsportaal is koud en hard en dan die Nagmaaltafels daarbinne huh!!! Swart tafeldoeke, swart oorgooi lappies, swart doekbehangsel om die kruis en […]
Herwinningsprojek
Waarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin? Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing […]
Die Gryse Jeug
Wie behoort aan die Gryse Jeug Jy kwalifiseer om aan die Gryse Jeug te behoort as jy aftree ouderdom bereik het. Maar almal wat hulle tuis voel by die ouer garde is meer as welkom. Die Gryse Jeug kom elke eerste Dinsdag van elke maand bymekaar.[…]
Hoërskool Jeug
Doel: Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien as lewenslange dissipels van God. Jeug Mikpunt: Om ‘n omgewing te skep waar tieners tuis kan voel in die kerk; om saam met mekaar te kuier en meer van God te leer. Om mekaar by te staan en te […]
Nuwe lidmate en besoekers
Ons is opgewonde om nuwe lidmate en besoekers te verwelkom en sommer onmiddellik te laat tuis voel. Ons het ‘n pragtige groep mense wat elke Sondag graag nuwe lidmate wil verwelkom […]
NHSV
Die dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by […]
Gasvryheidspan Sondae oggende
Vir ons as Gemeente is Radikale gasvryheid ontsettend belangrik. Dit is vir ons belangrik dat elke persoon wat die Gemeente besoek welkom sal voel. Ons straal warmte uit en hartlikheid. Ons span verwelkom Sondae […]
Voorbiddingspan
Gebed staan sentraal in ons Gemeente se lewe. Ons streef om elke bediening in gebed te “marineer”. Ons bid die Here se seën en leiding op alles af. […]
Preke op die Internet
Ons preke kan na geluister word op die Internet deur te gaan na: www.youtube.com en te soek na NHK Witfontein. Indien jy slegs na die klankbaan wil luister kan jy gaan na www.soundcloud.com en soek weereens NHK Witfontein.
Kinderkerk
Ons bied Sondae oggende terwyl die erediens in die Kerkgebou aan die gang is, ook ‘n Kinderdiens vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 11 (Graad 1-Graad 5). Ons poog om op ‘n verstaanbare manier, op die kinders se vlak die Evangelie oor te dra. Verskillende reekse word hanteer aan die hand van verskillende temas. Die kinders sing heerlik saam tot […]
Peuterkerk
Ons voorskoolse kinders word Sondae oggend tydens die erediens besig gehou met hulle eie byeenkoms in klaskamer 4 in die saal. […]
Mediateek
Ons gemeente spog met ‘n baie goed toegeruste Mediateek – propvol DVD’s en boeke. Die mediateek bied geleentheid om ‘n boek of DVD uit te neem gratis en verniet. Daar is ook Cd’s met preke, praatjies of musiek waarna jy kan luister. Vir swaksiendes is daar ook “Die Bybel” op CD. Terwyl jy na die regte item soek kan jy ook ‘n […]