Doel:
Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien as lewenslange dissipels van God.
Jeug Mikpunt:
- Om ‘n omgewing te skep waar tieners tuis kan voel in die kerk; om saam met mekaar te kuier en meer van God te leer.
- Om mekaar by te staan en te ondersteun op ‘n geestelike vlak.
Wat ons doen:
- ‘Praise & Worship’ met elke Jeug byeenkoms
- Aktiwiteite soos boeresport, kampvuur kuiers, speletjies aande, Volley ball pret, en daar word selfs saam kos gemaak.
- Ons bid vir mekaar en ondersteun mekaar.
Jeug Geleenthede:
Elke 2de Vrydag aand vanaf 19:00 tot 21:45 by die kerk (NHK Witfontein).
Alle tieners vanaf graad 7 is welkom.
Jeug Leier:
Shane Nieuwoudt – 067 400 0646
Facebook Blad – NHK Witfontein Hoërskool Jeug