Koinonia of Gemeenskap van gelowiges is wanneer lidmate bereid is om hulle geestelike gawes met ander te deel en dit vir ander te gee, MAAR ook bereid is om ander se gawes te ontvang in hulle eie lewe. Hierdie is ’n saak wat nie geforseer kan word nie. Vir Witfontein is die koinonia besonders, omdat dit met tyd ontwikkel het tot ’n span wat saamwerk met een doel voor oë – om dit alles vir ’n skare van een voluit te doen en dit is vir die Here.

Plekke waar koinonia spontaan plaasvind:

2.1 Teeskink elke Sondag

2.2 Gemeente funksies

2.3 Geestelike bymekaar-wees van gemeente en groepe

2.4 Voor, tydens en na eredienste

2.5 Kleingroepe

2.6 In die lewe – waar die lewe eenvoudig net gebeur en mense mekaar nodig het om mekaar te help en te ondersteun.