Die gemeente wil ook die draer wees van die Evangelie van ons Here Jesus nie net na hulle wat geestelik moet groei omdat hulle die Here Jesus reeds ken nie, maar ook na hulle wat afgedwaal het en verlore geraak het. Daar is ook die verdere behoefte om hulle wat nog nooit die keuse vir die Here gemaak het nie, aan te raak. Dit is primêr die rede waarom ons kerk is: vir hulle wat nog nie deel van die kerk is nie.
Ons gemeente beskik oor tientalle lidmate wat die Getroue Getuie kursus deurloop het en wat gemaklik is om ’n geloofsgesprek te voer. Opleiding geskied deurentyd en word daar uitgegaan na lidmate en mense wat so gesprek nodig het.
Hierdie is en bly die hoofsaak van enige kerk se gemeente wees – om mense nader aan die Here te bring en hulle te begelei om ’n oorgawe aan die Here te maak. Dalk is ’n leemte van ons kerk die feit dat ons die meeste van ons lidmate dalk nie GELOOFSEKERKHEID het nie. Hulle weet van die kruis van die Here Jesus, maar om te glo dat Jesus self vir hulle persoonlik daar gehang het, is ’n ander saak.