Bybelstudie

Donderdae oggende om 9:00 is dit Bybelstudietyd by Witfontein.

Deur die jare is daar ‘n stapel boeke deur gewerk.  Ons as groep het mekaar nou al goed leer ken. Lief en leed word gedeel. Belewenisse waar die Here ons iets op die hart druk deel ons met mekaar. Donderdae van 9: 00 tot 10:00 is kosbare tyd om saam te verkeer. Ons dank die Here dat Hy ons as groep bymekaar gebring het, om meer uit Sy Woord te leer. Nuwelinge wat by ons wil aansluit is baie welkom.

Gemeentekamp

Ons hou jaarliks ‘n gemeentekamp by ‘n geskikte vakansie oord. Dis die ideale geleentheid om lekker te ontspan saam met jou geloofsfamilie en sommer in ‘n japtrap baie sterk bande van vriendskap te smee.

Kerklike jaar en Kerklike kleure

Stap op Goeie Vrydag in by ons kerkgebou, die ingangsportaal is koud en hard en dan die Nagmaaltafels daarbinne huh!!! Swart tafeldoeke, swart oorgooi lappies, swart doekbehangsel om die kruis en die impak? Soos een lidmaat dit uitgedruk het “Eerie”(Engels) Is dit vreemd? Nee inteendeel, lees Lukas 22:44 “Dit was al omtrent twaalfuur toe kom daar duisternis oor die hele land…..”

So het kleur ‘n impak op ons ingesteldheid, ons stemming. Is dit dan reg om kleur in die kerkgebou aan te bring? Word die aandag dan nie van die prediking weggelei nie? Waarom algemene kerklike kleure? Dit versterk die ekumeniese band met ons mede-gelowiges.

Verder bou die korrekte kerklike kleure aan die gemoedstemming van die kerkgangers.  Daarom ruil ons die kleure in die kerk na gelang van die Kerklike jaar.

Herwinning foto

Herwinningsprojek

Waarom het ons elkeen die verantwoordelikheid om te herwin?  Met ons nuwe herwinningsarea wil ons die nuwe klem plaas op ons elkeen se verantwoordelikheid om ons omgewing op te pas en te bewaar wat aan ons toevertrou is. Ons elkeen behoort meer bewus te raak van ons omgewing en hoe ons kan herwin. Wanneer ons eers in die gewoonte raak om te herwin, is dit skrikwekkend om te besef hoe baie dinge ons gebruik wat herwinbaar is. Baie keer wonder ons, wat maak ek met die goed wat ek wil herwin? Nou het ons plek by die kerk waarheen ons ons herwinningsmateriaal kan bring. Hier word dit opgetel en herwin. Sodoende help ons ook met werkskepping. Ons wil jou uitnooi om selfs net op klein skaal te begin by die huis deur verskillende houers te hê vir glas, blikkies, plastiese houers en sien hoe vinnig jou houer vol word. Waarom? Ek en jy is rentmeesters. Dis ons verantwoordelikheid om na ons wêreld om te sien en dit te bewaar.

Die Gryse Jeug

Wie behoort aan die Gryse Jeug

Jy kwalifiseer om aan die Gryse Jeug te behoort as jy aftree ouderdom bereik het. Maar almal wat hulle tuis voel by die ouer garde is meer as welkom. Die Gryse Jeug kom elke eerste Dinsdag van elke maand bymekaar. Hulle hou ‘n kort vergadering en bespreek algemene sake van belang, waarna hulle lekker saam kuier en eet. Hulle speel dikwels lekker speletjies saam soos byvoorbeeld Bingo of hulle kry ‘n persoon wat iets interessant deel. Hulle gaan ten minste een keer ‘n jaar uit vir ‘n heerlike ontbyt en kuier. Aan die einde van die jaar word ‘n Kersete gehou by ‘n geskikte restaurant. Daar word ook ‘n seevakansie gereël na Scotburgh wat ‘n groot hoogtepunt is.

NHSV

Die dames van die NHSV staan ook bekend as die “Dienende Divas”. Ons hoofdoel is om te dien. Die NHSV samel fondse in deur verskeie projekte. Ons geld word hoofsaaklik aangewend vir Barmhartigheid. Die dames beplan en koördineer ook geleenthede wat by die gemeente aangebied word. Met Hemelvaart is dit tradisie dat daar laatmiddag al begin word om pannekoek te bak wat na die diens geniet word. Ons reël ook jaarliks ‘n 70+ funksie waar die seniors in die gemeente bederf word. Met geleenthede soos Moedersdag en Vadersdag word ‘n klein bederfie vir elkeen gemaak en by die deur uitgedeel. As groepie deel ons ‘n besondere band en werk heerlik saam. 

Hoërskool Jeug

Doel:

Om die Tiener Jeug te help en te lei na ‘n verhouding met God, om hul voor te berei om te dien as lewenslange dissipels van God.

Jeug Mikpunt:

  • Om ‘n omgewing te skep waar tieners tuis kan voel in die kerk; om saam met mekaar te kuier en meer van God te leer.
  • Om mekaar by te staan en te ondersteun op ‘n geestelike vlak.

Wat ons doen:

  • ‘Praise & Worship’ met elke Jeug byeenkoms
  • Aktiwiteite soos boeresport, kampvuur kuiers, speletjies aande, Volley ball pret, en daar word selfs saam kos gemaak.
  • Ons bid vir mekaar en ondersteun mekaar.

Jeug Geleenthede:

Elke 2de Vrydag aand vanaf 19:00 tot 21:45 by die kerk (NHK Witfontein).

Alle tieners vanaf graad 7 is welkom.

Jeug Leier:

Shane Nieuwoudt – 067 400 0646

Facebook Blad – NHK Witfontein Hoërskool Jeug

Nuwe lidmate en besoekers

Ons is opgewonde om nuwe lidmate en besoekers te verwelkom en sommer onmiddellik te laat tuis voel. Ons het ‘n pragtige groep mense wat elke Sondag graag nuwe lidmate wil verwelkom en meer van die gemeente wil vertel. Ons verwelkom graag ons nuwe lidmate met ‘n welkom-voel-geskenkie.

Ons het elke 3 maande ‘n Nuwe intrekkersfunksie waar ons as predikante ook graag die nuwe lidmate beter sou wou leer ken en aan ander lidmate ook voorstel.

Ons is passievol daaroor om gasvry te wees en streef daarna om gasvryheid en warmte uit te straal.

Gasvryheidspan Sondae oggende

Vir ons as Gemeente is Radikale gasvryheid ontsettend belangrik. Dit is vir ons belangrik dat elke persoon wat die Gemeente besoek welkom sal voel. Ons straal warmte uit en hartlikheid. Ons span verwelkom Sondae oggende mense met ‘n lekker koffie en warm glimlag.

Aan die stuur van ons Sondag oggend Gasvryheid span is:

Louis en Emor Boshoff  082 356 0281 / 082 563 5031          

Die res van die span bestaan uit:

Nataleen Vorster  082 686 8481   Ilze Blom  072 130 7007   

Ina Jooste  072 208 0151            Susan Allison  082 324 4024                 

Christine Stone  082 579 8509     Heila Haasbroek  082 824 6195

Kontak gerus vir Louis en Emor as jy voel dat Gasvryheid jou besondere gawe is.

Voorbiddingspan

Gebed staan sentraal in ons Gemeente se lewe. Ons streef om elke bediening in gebed te “marineer”. Ons bid die Here se seën en leiding op alles af. Ons soek na sy wysheid.

Ons voorbiddingspan ontvang op Sondae gebedsversoeke vanaf die Gemeente. Hulle tree dan biddend in vir die gemeentelede se versoeke. Indien lidmate hulle besonderhede op die gebedskaartjie skryf, word daar met die gemeentelede in verbinding getree. Ons nooi almal uit om met groot vrymoedigheid te vra vir voorbidding via ons gebedsversoekkaartjies, wat beskikbaar is voor in die Kerk.

Indien jy betrokke wil raak by ons voorbiddingspan kan jy enige van die volgende persone kontak:

George Holzhausen  083 519 0110        Petro Holzhausen  083 460 6868

Eliza & Natalie le Roux  082 817 2377   Elba Swart  082 774 2253