Bedieninge
Daar is baie verskillende plekke waar jy JOU PLEK sal kan vind in hierdie span.
1 Aanbidding
Ons word bymekaar gebring as gemeente deur die wonderlike genade dat ons die Here mag ken en dat ons ’n innerlike behoefte het om Hom te verheerlik. Ons wil saam ons verlossing in en deur Jesus Christus vier. In die gemeente gebeur dit op ’n gereelde basis tydens:
Lees verder
1.1 Eredienste op Sondae
1.1.1 Prediking
1.1.2 Sakramentbediening – Doop en die Nagmaal
1.1.3 Lofprysing saam Musiekspan
1.2 Aktuele byeenkomste – Sondae-aande
1.2.1 Paassangdiens
1.2.2 Kerssangdiens
1.2.3 Pinkstersangdiens
1.2.4 Lofprysingsaande
1.3 Kinderkerk – elke Sondag word daar vir die Graad 0 tot Graad 6 kinders Kinderkerk aangebied tydens die erediens.
1.4 Peuterkerk – elke Sondag word die voorskoolse kinders ook bedien op hulle vlak, terwyl pa en ma rustig aan die erediens kan deelneem.
1.5 Bybelstudie
1.6 Kleingroep-bediening
1.7 Jeugwerk – 2 weekliks
1.7.1 Borrelbekkies – Graad 0 tot Graad 4
1.7.2 Mini-Tieners – Graad 5 tot Graad 7
1.7.3 Toptieners – Graad 9 tot Graad 11
1.8 Geloofsgroei-veldtogte – jaarliks.
2 Gemeenskap van Gelowiges (koinonia)
Koinonia of Gemeenskap van gelowiges is wanneer lidmate bereid is om hulle geestelike gawes met ander te deel en dit vir ander te gee, MAAR ook bereid is om ander se gawes te ontvang in hulle eie lewe. Hierdie is ’n saak wat nie geforseer kan word nie. Vir Witfontein is die koinonia besonders, omdat dit met tyd ontwikkel het tot ’n span wat saamwerk met een doel voor oë – om dit alles vir ’n skare van een voluit te doen en dit is vir die Here.
Lees verder
Plekke waar koinonia spontaan plaasvind:
2.1 Teeskink elke Sondag
2.2 Gemeente funksies
2.3 Geestelike bymekaar-wees van gemeente en groepe
2.4 Voor, tydens en na eredienste
2.5 Kleingroepe
2.6 In die lewe – waar die lewe eenvoudig net gebeur en mense mekaar nodig het om mekaar te help en te ondersteun.
3 Dissipelskap
Om soos Jesus se dissipels meer en meer van die Here te kan leer om sodoende soos ons leermeester te kan wees, is vir ons baie belangrik. Dissipelskap is vir ons om meer en meer soos Jesus te word, met die wete dat ons nooit soos Hy kan wees nie. ’n Leerling wil graag soos sy leermeester wees.
Lees verder
Hier word veral moeite gedoen om lidmate bloot te stel aan ’n bietjie meer as net ’n normale erediens. Hier word gebruik gemaak van gefokusde preekreekse en verskillende programme om die hele gemeente op een saak te laat fokus. Daar het al tientalle reekse die lig gesien en ‘n verskil gemaak in lidmate se lewens. Daar word verder kontakgeleenthede geskep in die week om lidmate verder toe te rus oor die week se tema.
Ons maak gebruik van preeknotas en meegaande handboekies, asook ligbeelde wat via die dataprojektor vertoon word. (Ons gemeente beskik alreeds oor ’n biblioteek van nagenoeg 900 preke op cd).
Dit is wanneer ons geestelik in diepte groei dat die gemeente spontaan ook in die breedte kan groei in haar getalle.
4 Bediening
Lidmate is deur die Here verskillend geseën met geestetelike gawes, met ’n hart en passie vir sekere sake en bedieninge in die gemeente, met verskillende vermoëns en vaardighede, met verskillende persoonlikhede en verskillende ervarings. Ons probeer sover moontlik om lidmate in te span by die verskillende bedieninge waarvoor hulle GEVORM is.
Lees verder
Ons gee aandag aan die volgende bedieninge:
4.1 Jeug
4.2 Gryse Jeug – bejaarde lidmate
4.3 Barmhartigheid – behoefte is groot, veral in Wolmer.
4.4 NHSV
4.5 Huisbesoek
4.6 Musiekspan
4.7 Dataspan – tegniese span tydens eredienste
4.8 Verheerlikings-span – sorg vir blomme en rangskikkings en dekor.
4.9 Finansiele Komitee
4.10 Kerkraad – ouderlinge en diakens
4.11 DPS-Huis Ninapark
4.12 Nuwe Intrekkers Verwelkomingsfunksie
4.13 Begrafnis verversingsspan
4.14 Jeugwerkersspan
4.15 Herinneringsmuurkomitee
4.16 Getroue Getuies-span
4.17 Kinderkerk
4.18 Mannekamp
4.19 Vrouekamp
4.20 Gemeentekamp
4.21 Gesinsweek – fokus op verskillende verhoudinge
4.22 Tiener-retreat
4.23 Volwasse Katkisasie
4.24 Delwersfees – alhoewel fondsinsameling is hierdie die grootste bewys van samewerking en deel van verskillende vaardighede met mekaar.
4.25 Huweliksvoorbereidingskursusse – 2 keer ’n jaar
4.26 Bybelvasvrae
4.27 Gemeenteblad redaksie
4.28 Rousmartbegeleiding
4.29 Mediateek: Geestelike boeke, dvd’s en cd’s kan GRATIS hier na hartelus uitneem. Ons is baie opgewonde oor hierdie moderne bedieningsveld.
4.30 Gasvryheidspan
5 Evangelisasie
Die gemeente wil ook die draer wees van die Evangelie van ons Here Jesus nie net na hulle wat geestelik moet groei omdat hulle die Here Jesus reeds ken nie, maar ook na hulle wat afgedwaal het en verlore geraak het. Daar is ook die verdere behoefte om hulle wat nog nooit die keuse vir die Here gemaak het nie, aan te raak. Dit is primêr die rede waarom ons kerk is: vir hulle wat nog nie deel van die kerk is nie.
Lees verder
Ons gemeente beskik oor tientalle lidmate wat die Getroue Getuie kursus deurloop het en wat gemaklik is om ’n geloofsgesprek te voer. Opleiding geskied deurentyd en word daar uitgegaan na lidmate en mense wat so gesprek nodig het.
Hierdie is en bly die hoofsaak van enige kerk se gemeente wees – om mense nader aan die Here te bring en hulle te begelei om ’n oorgawe aan die Here te maak. Dalk is ’n leemte van ons kerk die feit dat ons die meeste van ons lidmate dalk nie GELOOFSEKERKHEID het nie. Hulle weet van die kruis van die Here Jesus, maar om te glo dat Jesus self vir hulle persoonlik daar gehang het, is ’n ander saak.