Aanbidding
Ons word bymekaar gebring as gemeente deur die wonderlike genade dat ons die Here mag ken en dat ons ’n innerlike behoefte het om Hom te verheerlik. Ons wil saam ons verlossing in en deur Jesus Christus vier. In die gemeente gebeur dit op ’n gereelde basis tydens: 1.1 Eredienste op Sondae 1.1.1 Prediking 1.1.2 Sakramentbediening – Doop en die Nagmaal 1.1.3 […]
Gemeenskap van Gelowiges (koinonia)
Koinonia of Gemeenskap van gelowiges is wanneer lidmate bereid is om hulle geestelike gawes met ander te deel en dit vir ander te gee, MAAR ook bereid is om ander se gawes te ontvang in hulle eie lewe. Hierdie is ’n saak wat nie geforseer kan word nie. Vir Witfontein is die koinonia besonders, omdat dit met tyd ontwikkel het tot ’n […]
Dissipelskap
Om soos Jesus se dissipels meer en meer van die Here te kan leer om sodoende soos ons leermeester te kan wees, is vir ons baie belangrik. Dissipelskap is vir ons om meer en meer soos Jesus te word, met die wete dat ons nooit soos Hy kan wees nie. ’n Leerling wil graag soos sy leermeester wees. Hier word veral moeite […]
Bediening
Lidmate is deur die Here verskillend geseën met geestetelike gawes, met ’n hart en passie vir sekere sake en bedieninge in die gemeente, met verskillende vermoëns en vaardighede, met verskillende persoonlikhede en verskillende ervarings. Ons probeer sover moontlik om lidmate in te span by die verskillende bedieninge waarvoor hulle GEVORM is. Ons gee aandag aan die volgende bedieninge: 4.1 Jeug 4.2 Gryse […]
Evangelisasie
Die gemeente wil ook die draer wees van die Evangelie van ons Here Jesus nie net na hulle wat geestelik moet groei omdat hulle die Here Jesus reeds ken nie, maar ook na hulle wat afgedwaal het en verlore geraak het. Daar is ook die verdere behoefte om hulle wat nog nooit die keuse vir die Here gemaak het nie, aan te […]